Baddrif Straat 33 & 35, Sasolburg
Kontak Marina Dowling: 076 792 2593

Ons versorg en ontwikkel met trots môre se leiers!

Welkom

Baie welkom in die Alpe by Heidi en maats! Ek hoop dat u die virtuele besoek sal geniet. Ek kan u verseker dat daar in Heidi Pre-primêre Skool geen Juffrou Rottenmeier is nie! Ons versorg al die Heidi maatjies met liefde en is trots op ons aandeel in die suksesvolle ontwikkeling van ons kinders. My strewe is om werklik ’n positiewe verskil te maak in die lewens van al die kindertjies wat ons skool gronde betree. Ek deel graag my Missie en Visie vir die Skool met u:

Flower

Ons Missie

Heidi Pre-primêre Skool & Nasorgsentrum streef daarna om kleuters met liefde op te voed en te onderrig in ’n veilige en netjiese omgewing. Die eindresultaat is selfversekerde kleuters wat hulle volle potensiaal kan bereik om môre se leiers te wees.

Ons Vissie

Heidi Pre-primêre Skool en Nasorgsentrum streef daarna om ’n skool:

  • Met integriteit te wees;
  • Met onverbeterlike standaarde te wees wat uitstyg bo die res;
  • Te wees wat bereid is om vir ouers en kinders die ekstra myl te loop.
Flower-2

KRUIS – Simboliseer dat ons ’n Christen skool is.
HARTJIE – Simboliseer dat ons kleuters met liefde versorg word.
BLOM – Simboliseer dat ons kleuters blom as gevolg van die liefde en kwaliteit onderrig wat hulle ontvang.

Marina Dowling

GROETE :

Marina Dowling
Skoolhoof: Heidi Pre-primêre skool & Nasorgsentrum